Welkom by Kleuterzone Brakpan

Yolanda Swanepoel

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

My naam is Madeleine Prollius ek is 34 jaar oud en die Here het my geseen met n wonderlike man en familie wat altyd bank vas agter my staan met alles wat ek aanpak in die lewe.

Ek het my eie prinsessie sy is 9 jaar oud. Ek het groot geword in Benoni en was in ñ Gekombineerde skool, Noorderlig waar ek die beste tye van my lewe gehad het.

Dit is waar ek besef het dat ek ook eendag met kinders wil werk en hulle wil toevou met liefde en aanvaarding net soos ek beleef het.

Ek het na my matriek studeer en dadelik n kleuterskool juffrou geword en so het ek my passie begin uitleef. Al wat ek wil doen in die lewe is om lief te he met my hele hart en siel en ek wil he al ons skool se kindertjies moet die liefde ervaar en voel wanneer hulle hier in stap.

Hier by Kleuterzone Brakpan bou ons ewige wenners deur sterk Christelike lewenswaardes in die kleuters se harte te vestig! Ons is ‘n waardegedrewe span wat elke kleuter waarneem en versorg om die mees effektiefste mens te word wat hy of sy in die toekoms kan wees.

By Kleuterzone Brakpan wil ons kleuters die wêreld in stuur met selfagting, dissipline, uitstekende maniere, respek vir ander, harte vol liefde en ‘n gees van welwillendheid. Hulle moet ‘n impak op die wêreld maak. Ons is ‘n Christelike kleuterskool wat daarop gemik is om ons studente in ooreenstemming met God se ideale op te voed.

Missie
Kleuterzone Brakpan se missie is om gelisensieerde, hoëgehalte, bekostigbare en toeganklike vroeë leer- en kindersorgdienste aan kleuters en gesinne in die Brakpan-gemeenskap te verskaf en te bevorder.
Visie
Kleuterzone Brakpan visie is om ‘n gemeenskap te skep waarin alle kleuters geliefd, gerespekteer en aangemoedig voel om hul grootste potensiaal te bereik.

Ons program is ontwerp om goeie ontwikkeling in die lewens van alle kleuters aan te moedig. Ons sal ‘n omvattende benadering gebruik om elke kleuter te help om hul sosiale, fisiese, emosionele en intellektuele vermoëns te ontwikkel. Ons verstaan dat elke kind uniek en spesiaal is, en dat wonderlike vroeë kinderjare-ervarings van kritieke belang is vir ‘n kleuter se hele ontwikkeling later in die lewe. Ons program gaan ‘n veilige atmosfeer skep en onderhou waarin kleuters op ‘n goeie manier kan groei en ontwikkel deur geskikte rolmodellering.

Getuigskrifte

KleuterZone wat 'n wonderlike skool vir die klein mensies. Ek is 'n mamma van 'n 3 jarige seuntjie wat by Kleuter Zone begin het. Die personeel ius vriendelik en hulpvaardig. Met die dat my seuntjie nie ken van kleuter skool nie was hy moeilik aan die begin en die "Tannies" was baie geduldig en het net liefde en aandag getoon. Ek kan 'n verskil in my seuntjie sien vandat hy by die skool begin het, sy woordeskat en kennis het gegroei. Kleuter Zone het so baie om te offer vir die klein mensies dit is rerig wonderlik.
Anoniem
Ouer
"Warm atmosfeer, my dogtertjie het dadelik welkom en gemaklik gevoel, sy geniet dit vreeslik, en dit maak my hart so bly. Nog nie een dag gehuil om te gaan nie, as ons daar stop glimlag sy van oor tot oor! Vriendelikste Personeel, Beste besluit wat ek gemaak het"
Anoniem
Ouer
Kleuterzone Nelspruit het sover net fantastiese diens gelewer vir ons. Ons 2 seuns sien elke dag uit om te gaan en kom elke dag met vreugde terug by die huis. Puik diens en sal hulle aanbeveel vir enige ouers in Nelspruit.
Anoniem
Ouer